Onder die opskrif “Opstandigheid oor Polla se liefdeslapa” het Rapport verlede Sondag berig oor die sakeman mnr. Polla Holtzhausen se “private partytjies” op sy plaas, maar met enkele feitefoute. Meisies word nie van Bloemfontein “ingevoer” nie, maar wel uit Johannesburg en Pretoria. Holtzhausen se oudste dogter is nie 22 nie, maar wel 21. Daar was ook nie 40 motors die Vrydagaand nie, wel ses nadat die private geselligheid uitgereën het. Verder is nagelaat om Holtzhausen se kommentaar oor die bewering dat hy sy vrou, Hanna (42), “uitgeskop” het, te publiseer. Rapport stel graag hier die korrekte feite.