Pres. F.W. de Klerk maak hom gereed vir die grootste toets in sy politieke lewe.
De Klerk gaan ’n landwye veldtog onderneem, ’n “road show” soos wat Amerikaanse presidente dit doen, om ’n ja-stem in die referendum te kry.
Hy doen dit gerugsteun in die wete dat sy NP-koukus hom Donderdag ’n staande ovasie van drie minute gegee het toe hy hulle ingelig het dat hy ’n referendum uitroep.
; ’n Bejaarde boer van Malelane was in ’n skietgeveg met ’n swaar gewapende bende. Die boer het twee rowers doodgeskiet.
’n Jong polisieman, konst. P. Steffens (19), se oog moes verwyder word nadat hy vermoedelik vroeër die week dieselfde bende getakel het.
; Mej. Karen Steyn (26) het 200 m na haar dood geval in die natuurreservaat waar sy grootgeword het.
Steyn se verminkte lyk is ná ’n groot soektog in ’n kloof gevind.
; Die gewese TV-nuusleser Gillian van Houten en haar wildbewaarder-geliefde, John Varty, het die week vyf leeus by die Phinda-wildreservaat in Maputaland verwelkom.
Dié leeus is die eerste wilde leeus wat in die afgelope 150 jaar in die omgewing vrygelaat is.