Quoin Rock

Quoin Rock:

’n Stellenbosse wynlandgoed van 194 ha met ’n helikopterlandingsblad, ’n ondergrondse lokaal vir sake-onthale, ’n Kaaps-Hollandse huis en ’n wynkelder waarvan afwerkings uit Italië ingevoer is.

Auction Alliance:

; Het ’n jaarlikse omset van R6 miljard;

; Verkoop jaarliks 10 tot 20 wynlandgoedere;

; Quoin Rock was die wynplaas met die hoogste waarde wat AA nog verkoop het. – Mnr. Rael Levitt

Wendy Appelbaum

; Dogter van Donald Gordon, stigter van die Liberty-groep.

; Besit ook DeMorgenzon-wynlandgoed naby Stellenbosch van sowat 150 ha.

; Verskeie direkteurskappe; trustee van die Donald Gordon-stigting, een van Afrika se grootste private welsynsorganisasies, sowel as van die Helen Suzman-stigting. Die Wendy Appelbaum-stigting is die dryfkrag agter gesondheidsopvoeding vir Suid-Afrikaanse vroue. Sy behoort aan die Global Philanthropist’s Circle, ’n internasionale organisasie wat maatskap­like onreg beveg en is lid van die Internasionale Vroueforum.

; In 2006 is sy aangewys as een van die wêreld se voorste vroue-entrepreneurs.

; Sy teel renperde.