Hygend hert!
Dit lyk of Lindsay Lohan vergeet het om in die spieël te kyk voordat sy afgesit het na die gala-geleentheid van die Amerikaanse Organisasie vir Vigsnavorsing in New York.
Dié omstrede aktrise se haardos het gelyk soos iets tussen Dolly Parton-kartels en ’n Afgaanse hond s’n.
Lohan het nog altyd die publiek verbaas met haar uiteenlopende haarstyle én -kleure.
Dié een is die toppunt.
Haar bottelblonde hare het soos ’n pruik gelyk; met krulle wat los aan die onderkant gehang het.