Die aanwins van twee All Black-sterre – Ma’a Nonu en Piri Weepu – kan vanjaar die Blues se jaar maak.
Weepu kan as skrumskakel óf losskakel ingespan word, terwyl Nonu in die middelveld saam met Rene Ranger behoort te speel. Boonop keer die All Black-vleuel Rudi Wulf ook terug van Toulon in Frankryk.
John Afoa se vertrek na Ulster is ’n terugslag, maar Charlie Faumuina behoort sy man te staan op vaskopstut.
Voorlangs spog die Blues met staatmakers soos die All Blacks Keven Mealamu, Jerome Kaino en Ali Williams (foto). – Stephen Nell