SBW gee spiere

Die koms van Sonny Bill Williams sal die Chiefs se giftige agterlyn verder versterk.

Dit sal veral interessant wees om te sien hoe die All Black-ster Richard Kahui (foto) met Williams kombineer.

Hoewel Stephen Donald na Bath in Engeland verhuis het, het die Chiefs die dienste van die losskakel Aaron Cruden bekom.

Tim Nanai-Williams se voetwerk bly boonop ’n lus vir die oog, terwyl losvoorspelers soos Liam Messam en Tanerau Latimer ook vir opwinding kan sorg.

Daar hang egter steeds vraagtekens oor die gehalte van die besit wat hul gevaarlike agterspelers gaan kry – aangesien die Chiefs se vastevyf-voorspelers nog moet oortuig. – Stephen Nell