Die Highlanders het 10 jaar gelede laas ’n noemenswaardige impak gemaak op die Super-reeks, tog is hulle – met aanwinste soos Andrew Hore en Hosea Gear – vanjaar voor én agter aansienlik sterker.
Daarbenewens het die Engelse losvoorspeler James Haskell en die senter Tamati Ellison hulle ook by dié span aangesluit.
Hore, Jamie Mackintosh en Chris King sal ’n gedugte voorry vorm en hulle sal vanjaar ongetwyfeld ’n span wees om mee rekening te hou.
Colin Slade (foto) se vertonings op losskakel sal fyn dopgehou word, aangesien hy moet wys dat hy op internasionale vlak ’n waardige adjudant is vir Dan Carter. – Stephen Nell