Die Crusaders lyk na die sterkste span in die toernooi, nadat hy verlede jaar in die eindstryd vasgeval het teen die indrukwekkende Reds.
Die lastige beserings van Dan Carter (foto) en Richie McCaw sal pla – asook die verlies van Sonny Bill Williams aan die Chiefs.
Tog het die Crusaders laas jaar gewys dat hy staande teen terugslae kan bly.
Dié span moes van die een plek na die ander reis weens die verwoestende aardbewings in Christchurch, maar hul ewige gevaarlikheid is onderstreep toe hulle ondanks dié ontwrigting steeds die titelstryd kon haal. – Stephen Nell