Uittog maak seer

Presies wát ’n afrigter sal besiel om vir Ma’a Nonu die trekpas te gee, sal nét die Hurricanes-breier, Mark Hammett, weet.

Daar was nie plek vir Nonu óf Andrew Hore in Hammett se uitsoekgroep nie – terwyl Hosea Gear, Piri Weepu én Aaron Cruden óók weg is.

Dié uittog dui op een van twee dinge: óf Hammett kan nie met ervare spelers werk nie – óf hy wil graag ’n nuwe span bou.

Ongeag sy redes – én die teenwoordigheid van spelbrekers soos Conrad Smith en Cory Jane (foto) – sál die Hurricanes vanjaar sukkel om hul stempel af te druk op dié toernooi. – Stephen Nell