ontong vol moed

Die Proteas is behoorlik ore aangesit in eergister se eerste blitswedstryd teen Nieu-Seeland, maar die Proteas hét die skietgoed om die Kiwi’s vandag reeds terug te bring aarde toe.

Só sê Justin Ontong, een van die toerspan se min uitblinkers in Wellington.

Sy span het met ses paaltjies vasgeval en móét vandag se kragmeting op Seddonpark in Hamilton wen om steeds ’n sê te hê in dié reeks.

Die Swartpette was in vier vorige probeerslae op dié veld nie ’n enkele keer aan die verloorkant nie en het ook laas week hier ’n wenteiken van meer as 200 teen Zimbabwe kafgedraf.

“Nieu-Seeland loop oor van die selfvertroue, maar ons wedstrydplanne is agtermekaar en ons kán terugveg,” het Ontong gesê.

“Dit verg net ’n stukkie individuele briljantheid deur een speler om die momentum weer in jou span se guns te swaai.”