Dié seisoen sal die Reds uitvind waarom dit makliker is om die kampioen te word, as om dit te bly. Hulle het laas jaar half ongemerk deurgekom om die eerste Super-kampioen te word, maar sal dié keer ’n stewige losprys op hul koppe hê en deur almal geteiken word.
Quade Cooper (foto) sal die eerste helfte van die seisoen weens ’n besering misloop. Tog hou hul breier, Ewan McKenzie, vol dié span sál steeds floreer sonder hom in die nr. 10-trui.
Met die selfvertroue van verlede seisoen se sukses sal die Reds weer een van die honde wees wat die hardste blaf. – Christo Buchner