Agttal kan sukkel

Die Melbourne Rebels het nou hul melktande gewissel en met aanwinste soos Kurtley Beale (Waratahs) en James O’Connor (Force, foto• sal die hoop op verbetering opvlam.

Hul agttal kan egter steeds swaarkry.

Die kaptein, Stirling Mortlock, het verskeie baie talentvolle en bedrewe agterspelers saam met hom en dit sal hul sterkpunt wees.

Of die agttal egter genoeg balbesit vir hulle kan verseker, is ’n ander vraag.

Die Rebels het sommer in hul eerste oefenwedstryd teen die Chiefs sleg slae gekry met 36-0, en hoewel hulle van die ander spanne beslis kan verras, is dit te betwyfel of hulle die hele seisoen lank bestendig genoeg sal wees om gereeld in die wenkampie te staan. – Christo Buchner