Jake moet wys

Jake White se betrokkenheid by die Brumbies sal verseker dat dié span met heelwat belangstelling dopgehou word.

Die Brumbies was verlede seisoen goor verby en dié voormalige Bok-breier moet hulle nou regdokter. Al is White in ’n uitgelese groep wat kan sê hulle het ’n span gelei na Wêreldbeker-glorie, is hy nog heeltemal onbeproef op dié vlak.

Hoe hy die weekin en weekuit-druk van die Super-reeks sal hanteer, gaan dus baie interessant wees om te sien.

White het reeds begin huis skoonmaak in Canberra, want sy kaptein is die nuweling Ben Mowen (foto), ’n losvoorspeler wat hom vanaf die Waratahs by hulle aangesluit het. – Christo Buchner