San José. – Suid-Afrika se Kevin Anderson is in die kwarteindronde van die San José-Ope uitgeskakel, ná hy hom teen die verdedigende kampioen, Milos Raonic van Kanada, vasgeloop het.
Raonic, die derde gekeurde, het 16 kishoue afgevuur en nooit die gevaar geloop om sy afslaan af te staan nie. Hy het die sesde gekeurde Johannesburger met 7-5, 7-6 (7/3) geklop.
Die wedstryd het ’n uur en 42 minute geduur.
Raonic het daarmee deurgedring na ’n halfeindstryd teen die Yank Ryan Harrison. – AFP