Ryan vermorsel rekord in China

Hongkong. – Die Suid-Afrikaner Ryan Sandes het die Vibram Hong Kong 100-ultramarathon gister in ’n rekordtyd van net minder as 10 uur gewen.

Die 29-jarige Sandes, ’n legendariese langasem-atleet wat al marathon-uitdagings die wêreld oor gewen het, het die 100 km lange ren in die berge van Hongkong in 9 uur en 55 minute voltooi.

Dié wentyd is byna twee uur vinniger as die vorige rekord van 11 uur en 48 minute.

Benewens die groot afstand het Sandes boonop te doen gehad met ’n styging bo seespieël van meer as 4 500 m. – Sport24