Sturridge red sukkelende Blues

Londen. – ’n Kopskoot deur Daniel Sturridge het Chelsea gister van verdere vernedering gespaar in dié span se FA Cup-wedstryd teen Birmingham City.

Die Blues, wat ’n nagmerrieseisoen in die Engelse Premierliga beleef, het daarmee ’n gelykopuitslag (1-1) afgedwing, nadat David Murphy die besoekers vroeër teen alle verwagtinge in laat voorloop het.

Dié uitslag – en die toeskouers se uitjouery ná die eindfluitjie geblaas is – sal egter nie die druk verlig op Chelsea se be­leërde afrigter, Andre VillasBoas, nie. – Eduan Roos