Aigle (Switserland). – Die Franse fietsryer Robert Marchand het Vrydag ’n nuwe wêreldrekord losgejaag – op die rype ouderdom van 100.
Marchand het na Switserland gereis om te sien hoeveel kilometer hy in 60 minute kan aflê, en die uur afgesluit ná 24.25 km. Hy was skaars uitasem en het gesê: “Ek kon vinniger gegaan het – ek wou net nie.”
Marchand se afstand is ’n rekord in ’n kategorie vir persone ouer as 100. Die Tsjeg Ondrej Sosenka het in 2005 op 29-jarige ouderdom 49.7 km afgelê. – AFP