WEBKOMMENTAAR
Eugène Terre’Blanche se ‘wyfieleeu’:
;Jerry Springer, waar is jy? – Blip
; Grootmond kon niks uitrig nie, maar was ’n karnallie onder die Eva-geslag! – Gert van Schalkwyk
; Kan mense nie vir een oomblik aan die gevoelens van Martie en haar dogter dink nie? Hoekom dit nog seerder maak as wat dit nodig is vir daardie twee? Ag nee, sies, mens moet darem integriteit toon en vir jouself vra hoe sou ek gevoel het as dit my geliefde was wat gesterf het, so wreed, en sulke stories loop rond . . .– Bianca-Anne
Tim du Plessis: Dink Suid-Afrikaners nog aan emigreer?
; Dis vir my opvallend hoe daar bespiegel word of Suid-Afrika gaan ineenstort. Dit is ’n langsame proses en hoe meer die land ontwikkel is hoe langer neem daardie proses. Wat kommer wek hier is dat daar soveel mense is wat nie besef dat daardie proses reeds in ’n gevorderde stadium is nie. – Dirk
; Nee wat, dit help nie om te gaan nie; die res van die wêreld is ’n groter gemors. Was laas jaar in Griekeland, toe kos die petrol daar al R15/liter. Jou kans om in Amerika deur ’n krimineel geskiet te word, lyk my groter as hier, en Engeland met sy uitlanders en belaglike belastings is nog minder van ’n opsie. Australië is nie ’n land nie, dis ’n joint. En ek wil ook hier wees as die ANC emmerskop – dit gaan prettig wees! – Piet
Yo-Landi Vi$$er se dominee-pa lief vir sy ‘zef’-dogter:
; Arme pa, wat moet hy nou sê anders as dat dit maar oukei is? Sterkte! – Adre
; As jy Ben geken het, sou jy geweet het dat ’n verwysing soos “arme pa” beslis nie by hom pas nie. “Trotse pa” wel. – Ralph
; Ek dink dis baie hartseer dat dit die vuilbek- kunstenaars is wat deesdae die grootste sukses behaal. Dit sê nie veel van die moraal van die samelewing nie. – Ina
; Ek dink dit is onregverdig om haar pa so met klippe te gooi. Moet hy haar nou verwerp? Dis mos nou nie Christelik nie. – Jaco
Korrektiewe Dienste in Wes-Kaap weier om bruines te bevorder:
; Bruin mense was hier, hoort hier en hulle moet opstaan vir hul regte. – Tolla Cloete
; ANC se plan, versprei hulle deur die land sodat hulle nie ’n faktor kan word nie. – Charles
Nog briewe op Rapport-webblad:
Denker, Centurion:
Geluk aan Koos oor sy AB-skrywe.
Jan Bekker, Pretoria:
Die Broederbond-spook loop.
Willem van Vuuren, Wellington:
Voorwaardes vir sport as ’n staatsprojek in diens van nasiebou.
Isaac Metembo, Bethelsdorp:
Prof. Smith lewer nugter oorsig oor die Heyneke-aanstelling.
SMS ONS:
SMS kommentaar na 35547. Die koste beloop R1,50 per SMS.