Fnuiker, Boland
Skitterende artikel, prof. Julian. Omdat baie van ons rugbyliefhebbers nie erkenning wil gee aan ons ou Saru-geskiedenis nie sal daar vrae wees oor u kundigheid om kommentaar te lewer.
Omdat Peter de Villiers (foto) nie die tipiese Bok-afrigter was nie, is hy vroeg al verdag gemaak. Hy praat Afrikaans en Engels deurmekaar en lyk nie soos Jake, Carel, Nick Mallett en Harry Viljoen nie. Tog het hy meer sukses behaal as die meeste van sy voorgangers.
Hy’t die Britse en Ierse Leeus geklop; die eerste keer die All Blacks in die House of Pain afgestof; en in die Drienasies gewen. Die spelers is meer bemagtig. Hy het die Bokke na ’n baie gelukkiger span laat lyk. Toegegee, foute is gemaak, maar dis laakbaar om hom so in die media te verguis!