R100 000 ’n maand genoeg!

Die openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, doen goeie werk en verdien haar salaris.

Tog was ek teleurgesteld om Sondag te lees dat sy probeer het om ’n hoër salaris vir haar adjunk, adv. Mamiki Shai, te beding. Die portefeuljekomitee was korrek om haar deeglik in die bek te ruk.

Adv. Shai verdien reeds R1,2 miljoen; waarom moet dit na R1,45 miljoen verhoog word? En dan boonop terugwerkend tot Mei 2010? Liewe aarde!

Waarom kan sy nie uitkom met R100 000 per maand nie?

Om watter rede moet die belastingbetaler so gemelk word?