Tatoes is eie keuse

Mnr. Thys Britz se afkeer van mense wat hul self laat tatoeëer (Briewe, 12 Februarie) het betrekking.

Ek sal dit nooit laat doen nie. Nie omdat ek ’n probleem daarmee het nie, maar omdat dit ’n duur stokperdjie is en ek sal net nie gemaklik daarmee voel nie.

My vriende het egter tatoes en dit pla my nie. Dis hul keuse. Nie een van hulle gedra hulle soos ’n barbaar nie.