DKD: Waar is Zille, Fransman?

Rapport se berig “Te veel bruin werkers in Wes-Kaap se DKD” (12 Februarie) het my laat wonder. Bruin kiesers in die Wes-Kaap stem dan nou DA. Help dié party die amptenare met dié probleem dat hulle moet agteruitstaan vir swart werknemers van ander provinsies? Waar is me. Helen Zille? En waar is mnr. Marius Fransman, ’n bruin ANC-leier in die provinsie?

En waar is die brandende buitebande? Hoekom aanvaar bruin mense dit gelate?