Vier nuwe spesies piepklein verkleurmannetjies is pas in Madagaskar ontdek.
Die akkedissies, sommige van hulle nie langer as ’n paar millimeter van kop tot stertpunt nie, word gereken as van die kleinste reptiele ter wêreld. Deur ’n genetiese ontleding van die verkleurmannetjies het navorsers ook agtergekom, hoewel sommige van die diertjies eenders lyk, is hulle eintlik van heeltemal verskillende spesies.
Die kleinste van hulle, Brookesia micra, word net gevind op Nosy Hara, ’n eilandjie langs die kus van Madagaskar.
Die grootste uitdaging is nou om hierdie diertjies teen uitwissing te beskerm omdat hulle erg vatbaar is vir die ontbossing van hul natuurlike habitat.
Die span wetenskaplikes wat die ontdekking gedoen het, is gelei deur dr. Frank Glaw van die soölogiese staatsversameling in München, Duitsland.