Medihelp
Me. Ria Uys skryf: “Ek wil graag ’n baie groot pluimpie gee aan Medihelp en veral vir mnr. Johan Viljoen, hul senior bestuurder vir gesondheidsorg. Hy het uit sy pad gegaan om my te help om my seun, wat nou ’n afhanklike is, van 1 Maart op sy eie mediese plan te plaas.” Danksy Viljoen se doeltreffende optrede is die hele proses binne twee dae afgehandel. Uys sê: “Baie, baie dankie Johan, jy verdien hierdie pluimpie deur en deur.”