1 In die hoërskoolfliek Can’t Buy Me Love (1987) speel Patrick Dempsey die bleeksiel Ronald, maar wat is sy bynaam in die TV-reeks Grey’s Anatomy?
2 Wie was die regisseur van suksesvolle tienerflieks soos Ferris Bueller’s Day Off (1986), Pretty in Pink (1986) en The Breakfast Club (1985) wat in 2009 oorlede is?
3 Watter lid van American Pie (1999) se rolverdeling was Katie Holmes se verloofde voordat sy met Tom Cruise getrou het?
4 Wat is Alicia Silverstone se karakter se naam in Clueless (1995)?
5 Wat is die naam van die hoërskool waar Grease (1978) afspeel?
6 Watter magte het Sissy Spacek se karakter in die 1976-fliek Carrie?
7 Watter vroulike komediant het die draaiboek geskryf van Mean Girls (2004)?
8 Watter aktrise wat later onder verdagte omstandighede dood is, het die vroulike hoofrol vertolk in Rebel Without a Cause (1955)?
9 Wie speel die skaam skoolseun Todd Anderson in Dead Poets Society (1989)?
10 Watter regisseur, wat meer bekend is vir sy Star Wars-flieks, het ook die klassieke tienerdrama American Graffiti (1973) gemaak?
Antwoorde:
1. Dr. McDreamy
2. John Hughes
3. Chris Klein
4. Cher
5. Rydell High
6. Telekinese
7. Tina Fey
8. Natalie Wood
9. Ethan Hawke
10. George Lucas
Toets jouself