Kroningshoender

Kroningshoender

Lewer 4 – 6 porsies

30 ml (2 e) kookolie

4 (omtrent 500 g) hoenderborsies, sonder been en vel

20 ml (4 t) matige kerriepoeier

30 ml (2 e) vrugteblatjang

10 ml (2 t) gerasperde suurlemoenskil

80 ml vars suurlemoensap

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

200 ml (¾ k) mayonnaise1 groot mango, in repe of stukke gesny

30 ml (2 e) gekapte vars koljanderblare of bronkors (watercress•

50 g amandels of kasjoeneute, grofgekap

blaarslaai, grofgekap

Metode

1. Verhit die olie in ’n swaarboompan. Braai die hoenderborsies tot gaar en goudbruin aan elke kant. Sny in repe en hou eenkant.

2. Voeg die kerriepoeier by en braai vir omtrent 2 minute. Voeg die blatjang, suurlemoenskil, suurlemoensap en geurmiddels by.

3. Plaas die hoender terug in pan. Roer mayon­naise, mango en koljanderblare in. Besprinkel met amandels. Sit warm of koud voor met slaai op growwe brood.

Wenk

Die hoender kan ook vir ongeveer 2 uur in die kerrie gemarineer word.

Variasie

Vervang die mayonnaise deur ongegeurde ­jogurt.

; www.foodstylist.co.za

; heiliep@mweb.co.za

Vinnige

resep

deur Heilie Pienaar