Vasvra 08:
Deur Albé Grobbelaar
1. Watter twee Suid-Afrikaanse tennisspelers het die Wimbledon-mansdubbelspel in 1967, 1972 en 1978 gewen?
2. Wie was Trevor Manuel se voorganger as minister van finansies van 1995 tot 1996?
3. Wat is die naam van die eenheid wat algemeen gebruik word om aardbewings te meet?
4. Wat is Retief Goosen se bynaam?
5. Op watter dorp in die Karoo is prof. Chris Barnard in 1922 gebore?
6. Hoeveel amptelike tale het Suid-Afrika?
7. In watter land in Afrika is Kilimandjaro?
8. Watter dier is – saam met die olifant, leeu, luiperd en renoster – deel van Afrika se Vyf Grotes?
9. Wie is op 3 November op Saru se jaarlikse glansgeleentheid as Suid-Afrika se beste rugbyspeler in 2011 se Superrugby-reeks gekroon?
10. Wie was die eerste vrou wat ’n Oscar ontvang het as beste regisseur?
Antwoorde:
1. Bob Hewitt en Frew McMillan
2. Chris Liebenberg
3. Die Richterskaal
4. The Goose
5. Beaufort-Wes
6. Elf
7. Tanzanië
8. Buffel
9. Sarel Pretorius
10. Kathryn Bigelow
Sudoku 08
Oplossing 07