Theo Vorster gesels met Elmien Scholtz in ‘Sakegesprek’

In die program Sakegesprekmet Theo Vorster Woensdagaand op kykNET gesels Vorster met Elmien Scholtz, stigter en eienaar van Bio Sculpture, ’n nael-versorgingsonderneming wat spog met onder andere Jennifer Aniston en Victoria Beckham as kliënte. Scholtz sal gesels oor die ontwikkeling van die konsep, die vestiging van die onderneming en die groei van Bio Sculpture van een salon tot ’n internasionale onderneming wat naelprodukte na 39 lande uitvoer.

Hulle gesels oor die resep wat sy gevolg het, wat vir haar werk en wat entrepreneurs in hul eie ­ondernemings kan toepas.

Vorster en Riana de Lange, nuusredakteur van Sake24, bespreek ook die belangrikste sakenuus van die week.

Sakegesprek met Theo Vorster word Woensdag om 21:00 uitgesaai, met herhalings op Donderdae om 13:30, Vrydae om 09:30 en Dinsdae om 14:30. Vir voorstelle vir die program, kontak Vorster by Theo@sakegesprek.co.za.