Steeds basis vir kookkuns

“Ek het in die 1980’s ’n Kook en geniet by ’n vriend as ’n verjaardaggeskenk gekry,” vertel Lochner de Kock, sanger en koskenner.

“Die boek was vir my in daardie jare die basis van my kookkuns. Ek het sedertdien aanbeweeg om ander kulture se resepte te probeer, maar as ek ’n basiese resep soek, soos vir vetkoek, strek ek my hand uit na my ou Kook en geniet. Ek het seker meer as 4 000 kookboeke, maar ek moet erken ek gebruik Kook en geniet die meeste.

“Ek het in die 1990’s by die Universiteit van Pretoria eenkeer saam met S.J.A de Villiers ’n kompetisie by die huishoudkunde-departement beoordeel. Dit was vir my ’n heilige oomblik om haar te ontmoet.”