“My skoonma het vir my ’n Kook en geniet vir Kersfees gekoop net voordat ek en my man getroud is (ek dink sy het ’n belegging in haar seun se toekoms gemaak),” sêCarla Lewis-Balden (28), ’n reisjoernalis van Johannesburg.
“Die boek was egter onontbeerlik vir my; daar is baie wenke as jy, soos ek, ’n relatiewe maagd is wanneer dit by boerekos kom.
“Ek kon Thaise groenkerrie en eiervrug-parmagiano maak, maar skaapboud en tamatiebredie?
“Ek was ’n slegte boervrou.
“So terloops, daar is ’n resep in die boek vir bloedwors wat begin met: ‘Vang die bloed by die vark se nek op wanneer hy geslag word . . .’.”