Description
Huisgenoot Tempo is gemik op Afrikaanse musiekliefhebbers van alle ouderdomme – almal van sewe tot sewentig sal iets interessant in die artikels oor Afrikaanse kunstenaars van alle genres vind. Die tydskrif fokus op die volle spektrum van Afrikaanse musiek, van gewilde kunstenaars tot ‟n agter-die-skerms-kykie na die Afrikaanse musiekbedryf. Dit is ‟n verlenging van die standvastige Huisgenoot-handelsmerk. Huisgenoot Tempo is ‟n gehalte-tydskrif met intelligente en diepte-artikels met ‟n sterk visuele impak.