Description
NuusNou gee jou die week se top-nuus en menings uit Suid-Afrika en die wêreld. Hierdie weeklikse tydskrif verpak nuus oor die politiek, wêreldgebeure, sake, mense en leefstyl in ’n bondige packet met stories wat minder as ’n minuut neem om te lees. Sien wat wêreldwyd gesê is oor die groot stories van die week, lees ons onderhoud met ’n nuusmaker en pak ons treffer-blokraaies in Blaaskans. Ons gee jou ook die beste infografika, foto’s, rubrieke en blogs, asook In-diepte, waar ons die week se belangrikste gesprekspunt bespreek. Ons help jou om by te bly.