Description
SA Tuin is propvol tuine wat jou inspireer en bied groentjies sowel as ervare tuiniers praktiese tuinmaak-artikels. Sterre in die tuinwêreld skryf elke maand vir die tydskrif: Margaret Roberts het twee gereelde bydraes: "Organies gesond" en "Krui van die maand"; Keith Kirsten wys tuine wat hom beïndruk, en Ludwig Taschner deel sy skatkis van kennis oor rose. Die kleurryke dekor-afdeling hou lesers op hoogte van wat in die dekorwêreld gebeur, en die watertand-resepte wissel van "Vinnig & maklik" en kinder-kookkuns tot haute cuisine. Die lekker selfdoen- en kunsvlyt-projekte vir binne en buite wys vir jou stap vir stap wat om te doen.