Hierdie is 3 verhale oor tiener-issues. Nicola is dik. En sy is dik vir haar dikke lyf wat maak dat niemand haar raaksien nie. Lyf is die verhaal van een oorgewig meisie se soeke na aanvaarding op die enigste manier wat vir haar effektief lyk: deur gewig te verloor. Maar dit gaan nie net oor wroeging oor gewig nie, daar is ook vriendskap, opregte omgee, geloof-in-aksie, hope pret – en natuurlik romanse! “Hoekom freak dit jou so uit, Karis? Ek sien niks daarmee verkeerd om seks te hê met ’n ou nie.” Lus is die verhaal van ’n meisie wat oortuig is dat seks slegs bedoel is vir ’n huwelik. Maar sy ontdek dat daar baie slaggate is, want die ouens se hande op haar lyf maak dat sy soos ’n beginner-surfer met goeie voornemens en al in die onstuimige water intuimel. Mila se ou ry met ’n supervinnige sportmotor en syself koop haar klere by boetieks in New York, Parys en Milaan. Luuks is die verhaal van ’n meisie wat net aan die beste gewoond was en toe op ’n harde manier die werklikhede van die lewe moes leer ken.

Frequency: Annually

Normal Cover Price: R 149.95

Number of issues annually: 1

Select your preferred digital subscription option from the dropdown below

R14995

You May Be Interested In