Nog ‘n roerende verhaal deur Helena Hugo. Toe Daniël Basson vir Anna Catharina die eerste keer soen, is dit op aanbeveling van sy neef Arnoldus. Dié het hom die raad gegee om ’n vrou te kies wat hom liefhet, en die een te vergeet op wie hy so hopeloos beenaf is. Anna is van kleins af verlief op Daniël en sy verruil met plesier haar gemaklike lewe vir die harde bestaan van ’n boervrou op ’n afgeleë Karooplaas, sonder om selfs op hul troudag seker te wees dat Daniël haar net so volkome liefhet soos sy vir hom. Onderlinge struwelinge is daar wel nog, tog lyk dit asof hierdie verbintenis ’n tydperk van vergifnis en versoening vir die Bassons van Mispa inlui.

Frequency: Annually

Normal Cover Price: R 210.00

Number of issues annually: 1

R21000Single Issue

You May Be Interested In