Soek jy die volmaakte koek vir ’n teepartytjie, skoolfunksie of ’n spesiale geleentheid? Vir Huisgenoot se 100 Beste Resepte: Koeke 2014 het ons lesers se lekkerste koekresepte uitgesoek. Daar’s iets vir elkeen: Of jy nou maklike teebrode, laagkoeke, kolwyntjies, sjokoladekoeke, wortelkoeke, kaaskoeke of selfs ’n troukoek of twee wil prakseer – ons het dit alles vir jou in een tydskrif bymekaargesit. Daar is selfs ’n hoofstuk oor koeke met ’n gesonde kinkel, asook ’n paar fantasie-skeppings wat jou gaste na hul asem sal laat snak. Kry jou eksemplaar, kies jou resepte en begin sommer nou bak!

Frequency: Annually

Normal Cover Price: R 42.00

Number of issues annually: 1

R4200Single Issue

You May Be Interested In