Luitenant-kolonel Marlene Burger van die SAPD het haar plek in ’n manswêreld oopbaklei en laat kriminele les opsê. Dis net haar liefdeslewe wat nie wil vlot nie. Nou is daar ’n kans dat sy en haar jeugliefde Tom Lourens ’n verhouding kan hê –   ná hulle elk ’n mislukte huwelik agter die rug het. 
Tog blyk vlootoffisier Lourens oorversigtig te wees. Marlene weer oorhaastig . . . Gaan dit dié keer werk?
Die enigmatiese Ziegfried van Leeuwen, wat dalk die straatkunstenaar De Leeuw kan wees, verskyn op die toneel en is met Marlene gefassineer. En skielik moet sy besluit wat sy werklik wil hê.

Frequency: Annually

Number of issues annually: 1

R9000Single Issue

You May Be Interested In