Die Kalahari Bulletin is deel van 8 ander plaaslike koerante uit die Volksblad-stal, wat reeds dekades bestaan, en is ’n onmisbare kommunikasiemiddel vir die mense en ondernemings in verskillende streke oor Sentraal Suid-Afrika heen. Met ’n lesertal van 100 000+ word daar weekliks op Donderdae meer as 16 000 koerante gratis by huise, agente en ondernemings in die Kalahari-distrik van die Noord-Kaap versprei. Die nuusinhoud is plaaslik gefokus en bied aan lesers ’n kleurryke mengsel van algemene nuus, sakenuus, kuns en vermaak, munisipale nuus, sportnuus, skolenuus, rubrieke en ’n brieweblad. Advertensieruimte maak voorsiening vir volkleur-beeldbouadvertensies, openbare kennisgewings, vakatures, geklassifiseerde advertensies, tenders en enige ander advertensiebehoefte. Die verkoopsbestuurder en advertensiekonsultante, wat plaaslik gebaseer is, bied aan kliente ’n professionele en ingeligte diens om in alle advertensiebehoeftes te voorsien.

Frequency: Weekly

Number of issues annually: 49

R000Single Issue

Back Issues

You May Be Interested In