Die sleutel tot sukses op skool is ‘n goeie begin. Reg vir Skool is die tydskrif Baba & Kleuter se digitale gids vir Afrikaanse ouers wat hul kinders op ’n prettige manier wil toerus met al die vaardighede wat nodig is vir graad een, sodat hulle die jaar met entoesiasme en selfvertroue kan begin. Die proses begin tydens die babajare, want ontwikkelingsmylpale bou op mekaar. Reg vir Skool dek alles: groot motoriese vaardighede, fyn motoriese vaardighede, taalvaardighede, syfervaardighede, visuele vaardighede, emosionele gereedheid, lewensvaardighede en kreatiwiteit. Aktiwiteite en raad word vir elke ouderdom gegee, vanaf babatyd tot vyf jaar oud sodat ouers die regte speletjies op die regte ouderdom kan aanmoedig. Met Reg vir Skool is skoolgereedheid sommer kinderspeletjies!

Frequency: Annually

Number of issues annually: 1

You May Be Interested In