Die 9/11-terreuraanvalle in die VSA het Hannelie Groenewald en haar man, Werner, met nuwe oë – en ’n nuwe roeping – na die wêreld laat kyk. Saam het hulle besluit: Ons sal die Goddellike opdrag uitleef om Christus se Lig in die wêreld te wees.  Maar nooit sou Hannelie kon droom hoe hoog die prys uiteindelik sou wees nie … Terreur in Kaboel vertel die hartverskeurende verhaal van ’n vrou van God wat haar man, seun en dogter in ’n wrede terreuraanval in Afganistan verloor.  Dit vertel van ’n gelowige wat in gehoorsaamheid leef, oortuig van God se liefde en die beskerming waarvan sy Woord vertel. Net om dan skielik te worstel met die vrae: Here, hoe kon so iets gebeur? Here, waar is U nou?

Hannelie beskryf hoe die pad na Afganistan een van oorgawe was, ’n geloofsreis. Sy skryf oor die lewe daar, die aanpassing, haar en Werner se werk, en haar tieners, Jean-Pierre en Rodé, se lewe en opvoeding in die vreemde.

En dan, op ysingwekkende wyse, beskryf sy die aanval waarin haar gesin koelbloedig in hul huis doodgeskiet is, die teikens van terrorriste wat die Suid-Afrikaanse Christen-gesin in Kaboel geruime tyd dopgehou het. Sy vertel van “die langste nag van haar lewe” wat gevolg het. Veral die beskrywing van haar besoek aan die huis ná die aanval ruk aan die hart.

Terreur in Kaboel is ’n boek wat die leser aanmoedig om die werklike koste van ons geloof in Christus te bereken, om opnuut stil te staan en na te dink oor die karakter van God en ons identiteit as Sy kinders.

Hannelie Groenewald se verhaal is ’n merkwaardige getuienis van ’n lewe in geloof, van God se liefde, genade, en die krag van vergifnis.

En uiteindelik is die boodskap van Terreur in Kaboel eenvoudig: Dit gaan alles oor God en Sy heerlikheid, en daarin lê ons hoop.

Frequency: Annually

Number of issues annually: 1

R19500Single Issue

You May Be Interested In