Troukoors is Suid-Afrika se grootste aanlyn bron van Afrikaanse trou inspirasie. As jy weet wat woorde soos kiekies, katel, koffer en boeretroors beteken, sal jy verstaan waarom Troukoors so uniek en spesiaal is vir duisende Suid-Afrikaners.

Die praktiese artikels, doen-dit-self idees, maklike resepte en mooi huisdekor (alles trots Afrikaans, met ‘n tradisionele twist) dra by tot die tydskrif se gewildheid. Dit fokus nie net op paartjies wat gaan trou nie, maar is ook ideaal vir paartjies wat reeds die knoop deurgehaak het. Troukoors dek dus al die relevante onderwerpe gedurende hierdie opwindende nuwe tydperk in ‘n mens se lewe – voor én na die troue…


Verlief en v
erloof fokus op die tydperk voor die troue - wanneer julle besluit waar om te trou, watter kleur en tema die troue moet wees, watter diensverskaffers om te gebruik, wat julle self gaan maak, hoeveel geld julle kan spandeer en wat in die huwelikskontrak moet staan.


Pasgetroud
fokus op die tydperk na die troue - wanneer julle leer kook, saam julle eerste huis koop, julle nuwe nessie opknap, ‘n hondjie kry om in die tuin te speel, ‘n testament opstel en gewoond raak aan mekaar se grilletjies en giertjies.


Besoek gerus www.troukoors.co.za vir daaglikse inspirasie en onthou om ons ook op Facebook te volg.

Frequency: Annually

Normal Cover Price: R 59.90

Number of issues annually: 1

R4490Single Issue

You May Be Interested In