Wilbur Smith se aksie-avontuur topverkoper A Sparrow Falls is nou in Afrikaans beskikbaar. Die Courtney-trilogie, wat met Witwatersrand en Donderslag afgeskop het, bereik ’n hoogtepunt. Die Eerste Wêreldoorlog gooi Sean Courtney en die skerpskutters Mark Anders en Fergus McDonald se lot saam in die loopgrawe in Frankryk. Maar hulle sou nooit kon raai hoe verweef hul lewes nog sou raak nie. Mark keer gewond na Suid-Afrika terug en hoor dat sy oupa in verdagte omstandighede dood en die familieplaas verkoop is. Sy ondersoek lei na die gewetenlose Dirk Courtney, Sean se vervreemde seun. Voor hy bewyse kan kry, kruis Mark se pad weer met Sean s’n en word hy sy oud-bevelvoerder – nou ’n parlementslid – se assistent. Hy ontmoet die beeldskone, eiesinnige Storm wat haar hart nie maklik laat tem nie. 
Die Suid-Afrika waarheen Sean en Mark terugkeer, het verander. Werkersopstande dreig by die myne en Fergus McDonald is aan die spits van die skermutselings. 
In die naam van vooruitgang word natuurlewe uitgeroei. Toe Mark hoor sy geliefde wildernis, Chaka’s Gate, is in Dirk se visier, kan hy nie langer dié skurk laat begaan nie. Dis tyd om Dirk eens en vir altyd stop te sit.

Frequency: Annually

Number of issues annually: 1

R29000Single Issue

You May Be Interested In